RESEPTE
Jamaikaanse Jerk-speserymengsel
Hetta van Deventer-Terblanche
Bestanddele
2 eetlepels gemaalde wonderpeper (Allspice / Jamaikapeper / pimento)
1 eetlepel gedroogte tiemie
1 eetlepe bruinsuiker
1 teelepe kaneel
1 teelepel neutmuskaat
1 teelepel swartpeper
1 - 2 teelepels rissiepoeier of -vlokkies
1 teelepel sout
½ teelepel gemmer (opsioneel)
Metode
Meng al die bestanddele goed saam, en bêre in ’n lugdigte houer.
Dis heerlik op enige gebraaide vleis, en pas goed by die rokerige braaivleisgeure.