Skip to content

Louise se kluitjies

RESEPTE

Louise se kluitjies

Cordelia

Cordelia se ma, Louise, se resep vir wanneer die koskaste so bietjie leeg is.

Bestanddele

Beslag
1½ koppies koekmeel
½ koppie botter
½ koppie appelkooskonfyt
2 teelepels koeksoda
¼ koppie warm melk
¼ teelepel sout

Stroop
3 Koppies water
1 koppie suiker
1 teelepel gemmer of kaneel
1 teelepel botter

Metode

Meng die stroopbestanddele in 'n groot kastrol, en bring tot kookpunt.
Smelt die margarien en appelkooskonfyt in 'n mikrogolf, of in 'n kastrol.
Los die koeksoda op in die warm melk.
Meng die koekmeel, sout, gesmelte konfytmengsel en koeksodamelk saam tot 'n gladde beslag.
Skep lepelsvol van die deeg in die kookwaterstroop (kluitjie-styl).
Plaas die deksel op, verlaag die hitte, en prut stadig vir 15 tot 20 minute.
Moenie die deksel te vinnig oopmaak nie.
Bedien warm met vla of roomys.

Deel nou

Deel nou