Skip to content

’n Historiese resep (1856) vir Switchel

RESEPTE

’n Historiese resep (1856) vir Switchel

Hetta van Deventer-Terblanche

Een van die bekendste vroeë resepte verskyn in Elizabeth M. Hall (samesteller) se kookboek uit 1856. (Practical American Cookery and Domestic Economy) Die oorspronklike resep gebruik gellings en onse, maar ons het dit omgeskakel na moderne mates.

Bestanddele

4 liter (16 koppies) water
500 ml (2 koppies) molasse
250 ml (1 koppie) appelasyn
4 teelepels gemaalde gemmer

Metode

Meng alles saam en roer goed deur.
Laat dit ’n rukkie staan sodat die geure meng.
Bedien baie koud.

Deel nou

Deel nou