Skip to content

Surita se frikkadelle met aartappels en tamatiesmoor

RESEPTE

Surita se frikkadelle met aartappels en tamatiesmoor

Lewer 10 frikkadelle

Bestanddele

Frikkadelle
400 g beesmaalvleis
sout en peper na smaak
10 ml braaispesery van jou keuse
1 groot ui, fyngekap
1 teelepel (5 ml) fyn koljander
1 teelepel (5 ml) fyn naeltjies
handvol gekapte pietersielie
1 eetlepel bruin asyn
knippie neutmuskaat
1 eier
2 snye brood, geweek in melk of water, en uitgedruk

Groente
3 groot aartappels, in dik skywe gesny en gegeur met sout en peper
2 groot uie, in dik skywe gesny en gegeur met sout en peper

Tamatiesmoor
1 blikkie ingemaakte tamatie en uie
1 eetlepel suiker
1 teelepel kerriepoeier (opsioneel)
3 knoffelhuisies, fyngemaak
sout en peper na smaak

Metode

Meng alle frikadel-bestanddele, en vorm in frikkadelle.
Pak die frikadelle en die aartappel- en uieskywe langs mekaar in ’n oondbak, en gooi ‘n skeut olie bo-oor.
Bedek met foelie of ’n deksel, en bak vir 30 minute.
Meng al die bestanddele van die smoor.
Verwyder die foelie en voeg die smoor bo-oor die frikkadelle.
Bak vir nog 20 minute tot gaar. Die aartappels behoort sag te wees.
Haal die gereg uit die oond en laat dit afkoel.
Garneer met grasuie of pietersielie, en bedien met rys.
Resep lewer 10 frikkadelle, dus ongeveer 5 porsies.

Wenk
Sampioensous werk ook goed met hierdie gereg: Braai 1 groot gesnyde ui tot sag en bruin, Voeg dan ‘n pakkie gesnyde sampioene by. Geur met sout, peper, gemengde kruie, ʼn skeut Worcestersous. Voeg ‘n houertjie room by, waarby 1 eetlepel meel ingeroer is. Kook tot die sous verdik. Geur met sout en peper en voeg bo-oor die frikkadelle. Dit kan ook eenkant bedien word.

Deel nou

Deel nou