RESEPTE
Mexikaanse Tepache
Lewer ± 1,5 liter
Dis eintlik net soos die pynappelbier wat Suid-Afrikaners maak, met speserye by.
Bestanddele
skil en kern van 1 groot pynappel
250 ml (1 koppie) bruinsuiker (tradisioneel: piloncillo)
1 kaneelstokkie
2 – 3 naeltjies (opsioneel)
1,5 liter water
Metode
Plaas die skil en kern in ’n groot glasfles.
Meng en voeg suiker, speserye en water by, tot suiker opgelos het.
Bedek losweg met doek. Die baie belangrik dat die skille bedek is.
Hou by kamertemperatuur (In die winter moet jy dit op warm plek sit, en moenie yskoue water gebruik nie, sorg dat jou water kamertemperatuur is)
Die gistingsproses moet jy dophou en self bepaal wanneer dit klaar is.
Sodra dit begin skuim, kan jy dit proe, en as jy gelukkig is met die smaak, syg dit deur ‘n sif, en bedien yskoud met ys.
Die gistingsproses neem enige iets van 2 tot 7 dae. Hoe langer dit gis, hoe meer suiker word verteer, en dan sal die smaak minder soet en effens suurder wees.
Nadat jy dit gebotteleer het, kan jy dit ‘n tweede gistingsproses laat ondergaan, sodat meer borrels vorm.
Ek meng dit graag met borrelwater in ’n ligter styl en minder suiker.
Bietjie gemmer by is net so lekker.