RESEPTE
Willie se roosterkoek
Willie Strauss
Bestanddele
750 ml koekmeel
5 ml sout
5 ml kitsgis
250 ml louwarm water
5 ml suiker
15 ml kookolie
Metode
Meng die meel, sout en gis saam.
Meng die water, suiker en kookolie saam.
Meng alles saam, en knie tot dit ‘n werkbare deeg vorm. Jy kan n bietjie water byvoeg om die deeg sagter te kry.
Laat dit op warm plek staan om te rys.
Druk dit dan plat op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Sny die roosterkoeke soos jy dit verkies.
Laat die roosterkoeke weer rys.
Braai op mediumwarm kole.
Draai gereeld om tot mooi bruin aan albei kante.
Bedien saam met braaivleis.