Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê Suid-Afrika beywer hom daarvoor om nuwe markte vir sy landbou-uitvoere te vind. Aucamp het by Douglas in die Noord-Kaap met boere gepraat oor die stand van sake met bek-en-klouseer en ander die regering hulle hoop om binnekort met verskeie lande te onderhandel om produkte daarheen uit te voer, insluitend Saoedi-Arabië en China. Hy sê Suid-Afrika ondersoek ook die moontlikheid om vleis van bek- en-klouseervrye gebiede uit te voer.
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die Durbanse hawe se houerterminaal moet die wyse verander waarop vragmotors toegang tot die hawe verkry, indien hy groter vragvolumes wil hanteer. Creecy sê die terminaal beweeg na 'n stelsel wat op besprekings gegrond is sodat vragmotors slegs tydens bevestigde tydgleuwe kan opdaag om verkeersopeenhoping te verminder. Die oorskakeling na 'n nuwe elektroniese stelsel het vragmotorbestuurders en vrag-eienaars gefrustreer. Creecy sê die tydgleuwe sal weekliks verskaf word sodat die bedryf vordering kan monitor. Die uitvoerende hoof van die Durban Gateway-terminaal, Javier Lancha, sê die terminaal gaan 'n nuwe stelsel vir die bespreking van vragmotors bekendstel en sal na verwagting van volgende week af met vragmotorverenigings daaroor begin onderhandel.
Die Alternative Information and Development Centre, of sê hy betwyfel uitsprake dat Suid-Afrika se belastingstelsel sy limiet bereik het. Die sentrum, wat hom beywer vir verandering op sosiale, ekonomomiese en omgewingsgebied, sê in 'n nuwe dat miljarde beskikbaar gestel kan word uit belasting van die land se super-rykes. 'n Navorser aan die sentrum, Chloe van Biljoen, sê talle metodes bestaan om belasting van spesifiek die rykste een persent van Suid-Afrika se bevolking te hef, wat minstens 46-persent van al die inkomste in die land verdien. Sy sê dié een persent bestaan uit sowat 350-duisende individue met 'n netto waarde van meer as vyf-miljoen rand elk.
Die hoë vlakke van misdaad en vuurwapengeweld in Mitchells Plain in Kaapstad het gemeenskapsleiers genoop om pogings te verskerp om kinders tydens die skoolvakansie veilig te hou. Die Mitchells Plain Veiligheids- en Ontwikkelingsforum bied 'n vakansieprogram met die klem op traumabewustheid aan vir kinders tussen 7 en 14 jaar oud. Die inisiatief het ten doel om jongmense van veilige ruimtes, positiewe aktiwiteite en ondersteuning te voorsien in gemeenskappe wat deur bende-geweld en misdaad geraak word.
Frankryk gaan méér geld beskikbaar stel om 'n einde te maak aan die hoogs aansteeklike siekte Ebola in die oostelike deel van die Demokratiese Republiek die Kongo. Dié land se minister van buitelandse sake, Jean-Noël Barrot, het die aankondiging vroeër vandag gedoen tydens 'n besoek aan die gebied. Barrot het gewaarsku dat Ebola egter vinnig weer kan posvat indien die owerhede en inwoners hul waaksaamheid verslap. Frankryk het tussen Januarie en Julie 13-komma-vier miljoen euro vir die stryd teen Ebola toegewys. Barrot sê hy sal vir nóg bykomende befondsing vir Ebola vra tydens Frankryk se komende begrotingsbesprekings.