Die volgende dokumentêre is geskeduleer:

19 Februarie: Wêreldklas-sportfotograaf sonder aansit: die storie van Roger Sedres
Die veelbekroonde Roger Sedres se foto’s is wêreldbekend. Haidee Muller-Isaacs gaan kuier op Donderdag 19 Februarie by dié fotograaf van Gordonsbaai wat magiese momente deur sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk vasgevang het. Talle van die bekende Springbokrugbyspelers is reeds op skool deur Sedres op film verewig, lank voordat hulle roem verwerf het.

Met verskeie Olimpiese Spele en  ander internasionale sportbyeenkomste agter die blad, het Roger baie belangrike oomblikke in Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis vasgevang. Hy is tans Team SA se amptelike sportfotograaf.

Roger het ikoniese foto’s geneem van Suid-Afrikaanse sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk by die Olimpiese Spele en ander groot sportbyeenkomste. In 2025 het hy die Sport Visual Journalist of the Year-toekenning by die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings gewen en hy het in 2022 ook die Fotograaf van die Jaar-toekenning ontvang.

Roger word wyd beskryf as nederig, passievol en professioneel, en is toegewyd om ander se stories met respek en empatie te vertel. Hy het ‘n opregte liefde vir wat hy doen en sy foto’s gaan nie oor sensasie nie, maar oor die oomblik en die mense daaragter.

Hierdie dokumentêr gee ‘n nader kykie oor Sedres se loopbaan, sy benadering tot sportfotografie en die rol wat sy unieke foto’s speel in hoe sport gesien en onthou word.

26 Februarie
Op Donderdag 26 Februarie volg Kobus Rudolph se Waar is Luitenant Mielie Meiring? Die dokumentêr volg ’n 2018-toer van veterane van die 61 gemeganiseerde bataljon na Angola, waar hulle ná dekades se trauma en onverwerkte herinneringe weer die slagvelde van hul jeug besoek. ’n Kernfokus is die emosionele soektog na lt. Mielie Meiring se ratel-pantservoertuig, wat in 1988 vernietig is.

Onderhoude met oud-soldate, kundiges en beraders toon die diep pyn, verliese en behoefte aan afsluiting. die uiteindelike ontdekking van die ratel bring groot ontlading en herinnering vir die veterane, terwyl ’n gesprek met Meiring se moeder in Australië ’n aangrypende blik bied op die blywende impak van haar seun se dood op die gesin.

5 Maart
Vryloop is toe glad nie vry
op Donderdag 5 Maart is ‘n diepte-ondersoek deur Martelize Brink waarin sy kyk na wat “vryloop” en “organies” werklik beteken, aangesien produkte dikwels nie die hoë standaarde haal wat die etikette impliseer nie. Kenners, wetenskaplikes, regeringsamptenare en boere soos Farmer Angus word geraadpleeg om te verduidelik hoe hierdie terme gereguleer word, hoekom dit duurder is en of dit gesonder is.

12 Maart
Vloek perfeksioniste meer as mense vir wie die lewe maar net altyd ‘n lied is? Vloek mans meer as vroue? Gebruik sommige mense vloekwoorde as ‘n manier om sosiaal aanvaarbaar te wees, en ander dit onbewustelik om tameletjies in die lewe beter te probeer hanteer? Wat presies gebeur in ons breine wanneer ons vloek? Kan vloek pyn- en stresverligting bring – maar méér so vir mense wat nie gereeld vloek nie? Hoekom is vloek so taboe? En is daar ook kragwoorde in Die Bybel?

In O Vloek! Om te swets of nie,  gaan krap Este de Klerk op Donderdag 12 Maart om 20:00 so klein bietjie dieper. Sy praat met ‘n taalkundige, ‘n sielkundige, ‘n afgetrede dominee, ‘n skrywer, en iemand wat, nou ja, toevallig bekend geword het omdat sy ‘n vloekwoord gesê het.

19 Maart
Jaco de Waal gaan loer op Donderdag 19 Maart In die skadu van verslawing. Hy vra – watter rol speel skaamte (“shame”) in die tentakels van ‘n magdom verslawings. Wat maak dat mense nie eetversteurings of alkoholisme kan oorkom nie. En watter rol speel emosies?

26 Maart
Die bekroonde dokumentêrmaker Christelle van Tonder sluit die seisoen af met Lagspore: ’n Reis van 75 jaar deur komedie, op Donderdag 26 Maart. Leon Schuster se 75 jaar in die komediebedryf getuig van ’n loopbaan waarin hy oor dekades miljoene Suid-Afrikaners laat lag het met sy flieks, verborge-kamera-poetse, radiowerk en musiek. Die dokkie fokus op Leon asook komedie in die algemeen. Die dokumentêr fokus op Leon asook komedie in die algemeen. (Nie ‘n profiel dokkie)

Vir meer inligting besoek rsg.co.za.

Dokumentêre Seisoen JAN – MAART 2026  
Uitsaaidatum Aanbieder Onderwerp Beskrywing
       
1 Jan Argief – Mariska Spoormaker Argief – Die baai se hondeman Port Elizabeth se hondeman Johnson Ndlakuza.
8 Jan Argief – Heindrich Wyngaard Adam en Jakes: gespreksgenote in en oor Afrikaans Die digter-filosoof, Adam Small, en die letterkundige en UWK-rektor,Jakes Gerwel, se rolle as Afrikaanse ikone word belig.
15 Jan Argief – Johan Rademan Argief – Oom Hannes Coetzee: lepel en snaar Oom Hannes Coetzee het die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp met sy unieke optel-en-knyp kitaarspeelstyl.
22 Jan Flip loots Reuse wat rekords laat spat Dit is die verhaal van enkele van die Guinness book of records se  wêreldrekordhouers.
29 Jan Wihann Nel Ons neem luisteraars op ’n klankgedrewe reis deur die ontwikkeling van Afrikaanse musiekkonserte in Suid-Afrika.
5 Feb Geen dokkie SONA
12 Feb Tharien Het ons nog groen vingers? Ons kyk na kwekerye in die algemeen.
19 Feb Haidee Roger Sedres se lens laat sport skitter Profiel dokumentêr oor die bekende fotograaf Roger Sedres.
26 Feb Kobus Rudolph Waar is Luitenant Mielie Meiring? Ons volg ’n 2018-toer van veterane van die 61 gemeganiseerde bataljon na Angola, waar hulle ná dekades se trauma en onverwerkte herinneringe weer die slagvelde van hul jeug besoek.
5 Maart Martelize Brink Vryloop is toe glad nie vry Beteken “vryloop” en “organies” werklik wat verbruikers dink dit beteken?
12 Maart Esté O Vloek! Om te swets of nie Este de Klerk krap so klein bietjie dieper oor hoekom mense vloek.
19 Maart Jaco de Waal In die skadu van verslawing Wat is die rol van skaamte  in alle tipes verslawing?
26 Maart Christelle van Tonder Lagspore: ’n Reis van 75 jaar deur komedie Ons fokus op Leon Schuster asook komedie in die algemeen.

Reeds Uitgesaai:

1 Januarie 2026
Op Nuwejaarsdag om 20:00 vertel Mariska Spoormaker in die argiefdokumentêr Die Baai se hondeman van Johnson Ndlakuza, ‘n pamperlanger wat al vir sowat ‘n halfeeu lank na die honde in Gqeberha omsien. Johnson is al diep in sy sewentig en ‘n entrepreneur wat verseker dat die Baai se vierpotiges perfekte tande en toonnaels het.

Dis eintlik jammer dat honde nie kan praat nie, want as dít die geval was, sou Port Elizabeth se honde jou alles van Johnson Ndlakuza, hulle pamperlanger, kan vertel. hy gee al nagenoeg 50 jaar lank baie baaise honde alles wat hulle nodig het om pure perfekte hond van toonnael tot tand te lyk. en dis ook nie sommer enigiemand wat al diep in sy sewentigs soos ‘n entrepreneur in ‘n noodsituasie sal kan dink nie. mariska spoormaker het tydens drie huisbesoeke oor johnson se skouer geloer.
https://omny.fm/shows/rsg-dokument-r/die-baai-se-hondeman-deur-mariska-spoormaker

8 Januarie
Op 8 Januarie is Heindrich Wyngaard se Adam en Jakes: Gespreksgenote in en oor Afrikaans weer uitgesaai, waarin die lewens en nalatenskap van die digter-filosoof Adam Small en die letterkundige en voormalige UWK-rektor Jakes Gerwel belig.

Gerwel sou in 2026 sy tagtigste verjaardag gevier het.

In hierdie dokumentêr gesels die digter Antjie Krog, die musikant Frazer Barry en die teoloog Allan Boesak oor hierdie twee merkwaardige mense se erflatings.

Luister hier na die gesprek:

https://omny.fm/shows/rsg-dokument-r/adam-en-jakes-gespreksgenote-in-en-oor-afrikaans-d

15 Januarie
Oom Hannes Coetzee: Met lepel en snaar
op Donderdag 15 Januarie om 20:00 is Johan Rademan se kykie na hierdie musikant wat gehore wêreldwyd bekoor het met sy “optel-en-knyp-kitaarstyl”. Hy was in David Kramer se veelbekroonde verhoogproduksie Karoo Kitaar Blues te sien en het selfs in Amerika meestersklasse in sy spesiale talent aangebied. Kom luister saam hoe oom Hannes met ‘n lepel kitaar speel in hierdie argief-dokumentêr.

Oom Hannes Coetzee het die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp met sy unieke optel-en-knyp kitaarspeelstyl. Hy het in Amerika selfs meestersklasse aangebied by ‘n glykitaar-byeenkoms. die unieke lepel-en-snaar metode is ongekend in die wêreld. Wat min mense egter weet is dat hy ongeletterd is en nie kan lees of skryf nie. Hierdie program is ‘n laaste poging van RSG om iets te verewig uit ‘n geslag plaaswerkers wat ontneem is van skoling en blootstelling omdat die swerwersbestaan so uitdagend was. Troostelose en droefgeestige wêrelde word dikwels opgehef deur kuns en musiek, en dit is wat Hannes Coetzee gered het van totale vergeteldheid.

https://omny.fm/shows/rsg-dokument-r/oom-hannes-coetzee-lepel-en-snaar-deur-johan-radem

22 Januarie
Dr. Flip Loots gaan op Donderdag 22 Januarie om 20:00 kyk na die mense wat jaarliks in die Guinness Book of World Records opgeneem word. Wie is hierdie eietydse helde, vra Loots in Reuse wat die rekords laat spat.

Die prestasies van entrepreneur Billy Cowley en haarkapper André Green het hulle elk twee Guinness Book of Records laat behaal. Billy het eers 420 g Marmite binne een uur geëet, en toe ‘n kar vol kankerstrikkies geplak. André het eers binne 24 uur die meeste vroue se hare gesny, en toe onderwater die meeste vroue se hare binne een uur gesny.
https://omny.fm/shows/rsg-dokument-r/reuse-wat-rekords-laat-spat-deur-flip-loots

29 Januarie
Agter die musiek – Van Skouspel tot Groot
is ‘n dokumentêr deur Wihann Nel wat luisteraars op ‘n klankgedrewe reis deur die ontwikkeling van Afrikaanse musiekkonserte gaan neem. Die program, wat op Donderdag 29 Januarie om 20:00 uitgesaai word, ondersoek hoe hierdie groot produksies nie net kunstenaars se loopbane gevorm het nie, maar ook ’n hele kultuur van saamwees, trots en emosie rondom Afrikaanse musiek geskep het. Dit bevat onderhoude, argiefmateriaal en persoonlike stories oor hierdie “hardklop van Afrikaans”.

https://omny.fm/shows/rsg-dokument-r/agter-die-musiek-van-skouspel-tot-groot-deur-wihann-nel

5 Februarie
Op Donderdag 5 Februarie om 20:00 sluit luisteraars by Tharien Oosthuizen aan vir Het ons nog groen vingers? 

Het ons nog groen vingers in ’n wêreld van beton, skerms en gejaagde lewens?
In die RSG-dokumentêr Het ons nog groen vingers neem Tharien Oosthuizen luisteraars op ’n insiggewende reis deur tuine, kwekerye en die mense wat steeds glo aan die krag van groei, al is dit net in ’n pot op ’n stoep.

Die dokumentêr ondersoek hoe tuinmaak veel meer is as net ’n stokperdjie. Dit word ’n vorm van terapie: ’n manier om stres te verlig, emosionele balans te herstel en weer aan te sluit by iets lewend en tasbaar. Van ervare kwekerywerkers tot alledaagse mense met ’n liefde vir plante, elke stem dra by tot die vraag: wat doen groen met die mens se gemoed?

Met praktiese wenke vir tuinmaak in beperkte ruimtes, en ’n fokus op die waarde van plaaslike kwekerye as bronne van kennis en gemeenskap, herinner hierdie dokumentêr ons daaraan dat groei soms stadig is — maar altyd betekenisvol.

Gaste wat aan die program deelneem is die kliniese sielkundige, Dr Wilmien Human, Kobus de Villiers, mede-eienaar van Sterlig kwekery, Petrus Mohlomi, werksaam by Sterlig kwekry, Linda Greyling, Hoof van Tegniese Ondersteuning by Kelpak en Nikky Knuijf wat tuinmaak as stokperdjie bedryf.

Fotos:  Cara Oosthuizen

https://omny.fm/shows/rsg-dokument-r/het-ons-nog-groen-vingers-deur-tharien-oosthuizen

 

Recommended Posts

No comment yet, add your voice below!


Add a Comment