Skip to content

WAT GEBEUR

Die ATKV ondersteun die RSG en Virseker Kultuurkaravaan

Die ATKV ondersteun die RSG en Virseker Kultuurkaravaan

Komende Gebeurtenis
27 Julie 2026 - 4 September 2026

Die ATKV is ’n organisasie vir en deur mense. Ons ondersteun graag die RSG Kultuurkaravaan omdat die betrokkenheid van ATKV-taklede landwyd ons wys hoe verskilmakers hulle gemeenskappe laat groei, Afrikaans laat leef, en die waardes van omgee en diens elke dag sigbaar maak.

Mag hierdie projek deur kollektiewe optrede en samewerking deur gemeenskappe, kunstenaars, opvoeders en die jeug ’n volhoubare kultuurerfenis bou.

Die ATKV skep nie net geleenthede nie – ons skep kragtige ruimtes waarin gemeenskappe kan floreer. Dit is wonderlik om deur ons samewerking met RSG ook op hierdie manier te kan belê in ons gemeenskappe, hulle welstand, stories en vooruitgang.

Deel nou