Skip to content

WAT GEBEUR

Kom kuier by Bateleur se klassieke motorskou

Kom kuier by Bateleur se klassieke motorskou

Komende Gebeurtenis
22 Augustus 2026

Kom kuier op Saterdag 22 Augustus vanaf 09:00 by Bateleur Landgoed, net buite Nelspruit, vir die gewilde Antieke C Klassieke Motorskou. Geniet ‘n uitstalling van klassieke motors, unieke vragmotors, moderne motors, en alles tussen in. Daar sal ook vele kos- en drankstalletjies, handgemaakte items, ‘n springkasteel, ‘n skattejag vir die kinders en lewendige vermaak wees. Toegang is gratis, en donasies ten bate van SAVF Herfsakker is welkom. Bateleur Landgoed bied die perfekte agtergrond vir ‘n onvergeetlike dag! Besoek ons webtuiste by www.bateleurestate.co.za of kontak ons op 079-155-1600.

Deel nou