WAT GEBEUR
RSG en ATKV by Toyota Stellenbosch Woordfees
Die RSG/ATKV-vierkant is ’n hoogtepunt by die 2026 Toyota Stellenbosch Woordfees. Dit is ’n gesellige kuierplek by die Universiteit Stellenbosch-museum waar stories, musiek en mense saamkom. Van 3 tot 10 Oktober is daar daagliks storietyd vir jong lesers met Lalla Lees, terwyl geliefde en bekende kunstenaars soos Jak de Priester, Anna Davel, Joshua na die Reën en vele meer daagliks optree. RSG saai regstreeks vanaf die vierkant uit met gewilde programme soos Op en Wakker, Spektrum, Kommentaar, Driesestig, Naweekaktueel en RSG-Landbou. Kom luister, kuier en ontmoet bekende RSG-stemme soos Martelize Brink, Christelle Webb-Joubert, Carla Mackenzie, Gustav Greyling, Renske Jacobs en Suzanne Paxton.
Hier is die volledige program:
Saterdag 3 Oktober
10:00 | Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie gaste
13:00 | RSG: Naweekaktueel
14:00 | Jak de Priester
Sondag 4 Oktober
10:00 | Die Reine Wynheid met Martelize Brink, gaste en verskeie kunstenaars
14:00 | Deon Meiring
20:00 | RSG: Kommentaar
Maandag 5 Oktober
07:00 | RSG: Op en Wakker
10:00 | Deon Meiring
11:00 | Selby Williams
12:00 | RSG: Spektrum
13:00 | RSG: Driesestig
17:15 | Via: Bier-uur
Dinsdag 6 Oktober
07:00 | RSG: Op en Wakker
10:00 | Frieda van den Heever
11:00 | Christelle Webb-Joubert
12:00 | RSG: Spektrum
13:00 | RSG: Driesestig
15:30 | RSG: Kuns met kontant
17:15 | Via: Bier-uur
Woensdag 7 Oktober
07:00 | RSG: Op en Wakker
10:00 | Anna Davel
11:00 | Konstant Wieser en Mark Pekeur
12:00 | RSG: Spektrum
13:00 | RSG: Driesestig
15:30 | RSG: Kuns met Kontant
17:15 | Via: Bier-uur
Donderdag 8 Oktober
07:00 | RSG: Op en Wakker
10:00 | Joshua na die Reën
11:00 | Brandon October
12:00 | RSG: Spektrum
13:00 | RSG: Driesestig
15:30 | RSG: Kuns met kontant
17:15 | Via: Bier-uur
Vrydag 9 Oktober
07:00 | RSG: Op en Wakker
10:00 | RSG-Landbou
11:00 | Stephanie Baartman
12:00 | RSG: Spektrum
13:00 | RSG: Driesestig
Saterdag 10 Oktober
10:00 | RSG-Landbou
11:00 | Almero Welgemoed
12:00 | Leon Ferreira
13:00 | RSG: Naweekaktueel
14:00 | Petronel Baard