WAT GEBEUR
RSG en Virseker se Kultuurkaravaan is op soek na Afrikaans se kosbaarste skatte!
Die RSG en Virseker Kultuurkaravaan val in die pad om die plekke, mense en stories te ontdek wat ons Suid-Afrikaanse buurte en dorpe so uniek maak. Miskien is dit die padstal waar niemand kan verbyry sonder om iets te koop nie. Die tannie wat almal se verjaarsdae onthou. Of die koor wat elke Sondag in die kerk weerklink. Wys vir ons die kultuurdraers, smake en talente wat jou dorp uniek maak, en die RSG en Virseker Kultuurkaravaan kan dalk in jou dorp kom parkeer.
Hoekom moet jy inskryf?
• As jou dorp gekies word, saai Op en Wakker regstreeks uit vanaf jou dorp;
• ‘n Plaaslike skool ontvang ‘n ATKV-Boektrommel ter waarde van R8 000;
• En jou dorp ontvang R300 000 se lugtyd op RSG om plaaslike toerisme te bevorder;
• Plus, jy staan die kans om ‘n midweekwegbreek by ‘n ATKV-oord te wen!
Inskrywings sluit 14 Augustus.
Moontlik gemaak deur Virseker en die ATKV. Virseker is ‘n produk van Auto & General, ‘n gelisensieerde versekeraar en FDV.
Enige navrae, stuur ‘n e-pos aan info@rsg.co.za
Vir al die inligting en om in te skryf, besoek https://kultuurkaravaan.co.za/