WAT GEBEUR
RSG Matriekafskeidsprojek in samewerking met Elizabeth Galloway Academy of Fashion
Komende Gebeurtenis
6 Julie 2026 - 19 Julie 2026
Weet jy van iemand wat graag hullw matriekafskeid in 2026 wil bywoon, maar nie ‘n rok of pak kan bekostig nie as gevolg van omstandighede?
RSG en Elizabeth Galloway Academy of Fashion wil die droom van 1 seun en 1 meisie ‘n realiteit maak met die RSG-Matriekafskeidsprojek!
Stuur jou nominasies na info@rsg.co.za met die volgende inligting:
- Wie nomineer jy?
- Wanneer is hulle matriekafskeid?
- Nomineer jy ‘n meisie of ‘n seun?
- Het jy hulle toestemming om hul storie te deel?
- Skryf ook ‘n motivering van hoekom jy dink hierdie individu hierdie spesiale gebaar van welwillendheid verdien?
Jy kan ongelukkig nie jouself nomineer nie, en die individu se matriekafskeid moet plaasvind tussen 1 September 2026 – 31 Desember 2026.
Die sluitingsdatum is 19 Julie om middernag.