WAT GEBEUR
Vier Nasionale Beskuitdag saam met ons
Verlede Gebeurtenis
6 November 2026 - 13 November 2026
Kom geniet ’n koppie koffie en beskuit saam met die hele land! RSG nooi jou om deel te wees van ons reuse virtuele koffie-en-beskuit-kuier! Op Vrydag, 13 November vier ons Nasionale Beskuitdag, en ons wil die eenvoudige lekkerte van koffie en beskuit saam met jou geniet. Waar jy ook al is, neem ’n foto van jou koffie en beskuit en WhatsApp dit na 076-536-6961. Jou foto kan deel wees van ons reuse virtuele kuier!