1 koppie meelblom
1 teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
4 eetlepels botter
2 eiers
1 eetlepel suiker
fyn kaneel
¼ – ½ koppie gesmelte botter
Sif die droeë bestanddele saam en vryf die botter by.
Klits die eiers en suiker saam tot lig.
Voeg by die meelmengsel en meng liggies.
Gooi water sowat 5 cm diep in 'n kastrol.
Voeg ½ teelepel sout en ¼ teelepel kaneel by die water en bring tot kookpunt.
Doop 'n teelepel in kokende water en skep bolletjies deeg in die kokende water – so 5 op 'n slag.
Laat dit 10 minute kook, met of sonder deksel.
Lig die kluitjies uit die water, skep dit in 'n warm bakskottel en strooi kaneelsuiker en gesmelte botter oor.
Herhaal tot al die deeg klaar is.
As jy meer as 5 kluitjies op 'n slag indie kokende water skep, slaan party daarvan toe.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za