Skip to content

Saterdag Sprankel

Potgooi

Saterdag Sprankel

Saterdag Sprankel

Kry die meeste uit jou lojaliteitsprogramme

Kry die meeste uit jou lojaliteitsprogramme

Kategorie: Saterdag Sprankel2026-10-03

Pieter Wasserfall van JustMoney praat oor lojaliteitsprogramme waaraan minstens 85% van Suid- Afrikaners behoort. Hy verduidelik hoe jy die meeste uit so program kan kry, en gee handige wenke vir die veral hierdie tyd van die jaar.

Sterre in die kombuis: Gregory Noble

Sterre in die kombuis: Gregory Noble

Kategorie: Saterdag Sprankel2026-10-03

Gregory Noble is ‘n sanger, rubriekskrywer, TV-aanbieder en seremoniemeester wat baie mense se lewens verryk. Ná sy ma se afsterwe ‘n paar maande gelede, kyk hy baie anders na mense met demensie en help ander om met meer deurnis deur die lewe te gaan. Hy deel ’n resep vir ’n maalvleis, aartappel en pastagebak.

Waarheen vandag? Upington

Waarheen vandag? Upington

Kategorie: Saterdag Sprankel2026-09-26

Jacobus Shorty vertel meer oor Upington, en na wie die dorp vernoem is.

Sterre in die kombuis: Izel Bezuidenhout

Sterre in die kombuis: Izel Bezuidenhout

Kategorie: Saterdag Sprankel2026-09-26

Izel Bezuidenhout vertolk die hoofrol in Die Kloofkind, RSG se nuwe middagvervolgverhaal. Sy vertel waar haar radioreis tien jaar gelede begin het, en hoe Leon van Nierop haar talent raakgesien het nadat sy die rol van Anna in die rolprent, Dis ek Anna, gespeel het. Sy deel ’n resep vir pannekoek-spaghetti met sjokoladesous en bessies.

Waarheen vandag? Petrus Steyn

Waarheen vandag? Petrus Steyn

Kategorie: Saterdag Sprankel2026-09-19

Chris du Raan vertel meer van Petrus Steyn in die Vrystaat.

Sterre in die kombuis: Pieter Malan

Sterre in die kombuis: Pieter Malan

Kategorie: Saterdag Sprankel2026-09-19

Suid-Afrika is op pad na nog ‘n Wêreldbeker! Hierdie keer is dit die Kulinêre Wêreldbeker in Luxemburg, waar Suid-Afrika se juniorspan in November teen van die wêreld se beste jong kulinêre talent sal meeding. Sjef Pieter Malan praat oor die nege jong sjefs wat deel is van die span , en die opleiding- en ondersteuningspan van tien bekroonde en ervare sjefs, terwyl hulle die volgende fase van intensiewe voorbereiding vir hierdie gesogte wêreldkompetisie betree. Pieter deel ’n resep vir ‘n hoender-en-morôgô-potjie.