Skip to content

Hoe vind ek ‘n potgooi?

RSG NOU

Hoe vind ek ‘n potgooi?

2025-08-15

‘n Mens moet gewoond raak aan enige nuwe webwerf se funksies. Maar ons is hier om te help. Hoe vind mens ‘n potgooi?, is een van die vrae wat luisteraars vra. Ons verduidelik hier al die maniere om ‘n potgooi wat jy soek, op te spoor, maar jy kan ook bloot die stappe volg wat met ‘n sterretjie* gemerk is.

Stap 1*. Gaan na RSG se webwerf by rsg.co.za.

Metode 1 om potgooi te vind:

Beweeg met jou muis laer af op die Tuisblad, totdat jy dié vier programme se potgooi-ikone sien.

As jy een van hierdie programme se potgooie soek, klik sommer direk op die woord in rooi balkie onder die ikoon.

Metode2*. As jy ‘n ander program se potgooi soek.
Gaan na die boonste navigeer-strook, en klik op Potgooi.

Die bladsy wat dan oopmaak, lyk só:

(Maar as jy met jou muis afrol, lyk die blad só en kan jy enige kategorie/program kies vir die potgooi wat jy soek:)

En as jy nog laer op die bladsy gaan, is daar nóg kategorieë/prorgram-potgooie waarop jy direk kan klik.

Stap 2*. Klik op SOEK.

Hierdie bladsy maak dan oop en dis presies waar jy wil wees.

Nou kan jy of na die kategorie soek (rooi pyl), en SOEK druk, of laer af beweeg met jou muis en die regte kategorie of program soek volgens die ikone (die pienk pyl) of jy kan ‘n sleutelwoord intik in die wit blokkie (groen pyl) en dan die Soek ikoon klik.

Stap 3: Só maak jy op hierdie bladsy

Voorbeeld 1*: Gestel jy het op die Middagverhaal ikoon geklik (pienk pyl), sal dié bladsy oopmaak, en dan kan jy al die episodes van die vervolgverhaal sien as jy laer afgaan op die bladsy:

Voorbeeld 2: Jy soek na ‘n potgooi wat jy op Op en Wakker gehoor het. Jy volg die rooi pyl:

 

Voorbeeld 3: Jy soek ‘n program en potgooi oor demensie (Jy het die groen pyl gevolg)

Dan maak die potgooisnitte só oop:

As jy laer op die blad gaan, sal die volgende 4 potgooie oopmaak (soos hieronder aangetoon) en nog en nog, maar wees geduldig, want die oopvou van die opvolgende bladsye met potgooisnitte kan stadig geskied. Jy kan dan die potgooi, soos voorheen, aflaai, dadelik daarna luister, op FB plaas of die skakel
aanstuur.

Sterkte!

 

Deel nou