Land en Sand: LJ en Irvette van Zyl
Polio en ‘n bromponie-ongeluk kon nie keer dat dr. LJ en Irvette van Zyl albei topatlete in die wêreld word nie. LJ, wat steeds die 400 meter hekkies-rekord hou, het onlangs sy doktorsgraad verwerf. Irvette hardloop oor twee weke die Comrades Marathon, nadat sy verlede jaar ‘n gouemedalje losgehardloop het. LJ en Irvette het land en sand met Pieter Steyn gesels oor hulle loopbane, waar hulle ontmoet het, en van die hoogte- en laagtepunte in hulle lewe.





