Skip to content

Land en Sand

Potgooi

Land en Sand

Elke week gesels Pieter Steyn land en sand met planmakers, bekendes en berugtes. Dis 'n in-diepte, maar informele gesprek sonder enige heilige koeie of taboes.

Land en sand: Pepi van der Merwe

Land en sand: Pepi van der Merwe

Kategorie: Land en Sand2026-09-17

Terwyl ons op Willowmore met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan gekuier het, het ons te hore gekom van ‘n legende op Willowmore, Pepi van der Merwe. Pieter Steyn het toe land en sand met Pepi gesels oor sy vrees vir slange, die Royal Hotel op die dorp, waar hy die naam Pepi gekry het, en sy dae op die stadsraad.

Land en sand: Karla Pretorius

Land en sand: Karla Pretorius

Kategorie: Land en Sand2026-09-10

Sy is Suid-Afrika se voorste netbalspeler, en is al aangewys as die beste netbalspeler in die wêreld. Karla Pretorius het onlangs haar uittrede aangekondig, kort na afloop van die Statebondspele in Engeland, ná ‘n suksesvolle loopbaan van byna twee dekades as Protea-netbalspeler. Sy het land en sand met Pieter Steyn gesels oor die hoogte- en laagtepunte in haar loopbaan, en die uitdagings in haar persoonlike lewe, soos ‘n miskraam.

Land en sand: Koos Roets

Land en sand: Koos Roets

Kategorie: Land en Sand2026-09-01

Op 83 jarige ouderdom begin die legendariese regisseur en kinematograaf, Koos Roets, een van die dae weer aan ‘n rolprent skiet. Hy is pas deur die Silwerskermfees vereer vir sy lewenslange bydrae tot rolprente in Suid-Afrika. Koos het land en sand met Pieter Steyn gesels oor sy kleurvolle en suksesvolle loopbaan, wat op ‘n jong ouderdom saam met nog ‘n legende, Jamie Uys, begin het. Koos vertel onder meer van Koöperasietories, Manakwalanders, Faan se Trein, sy ervarings saam met Jim Reeves, en sy groot liefde vir vliegtuie.

Land en Sand: Anita Venter van Niekerk

Land en Sand: Anita Venter van Niekerk

Kategorie: Land en Sand2026-08-25

Op negejarige ouderdom is Anita Venter van Niekerk se lewe as ‘n plaaskind, uitmekaar geruk toe sy op hulle Oos-Vrystaatse plaas ‘n dubbele verkragting oorleef het. Boonop het haar ma haar gevloek, verskree en mishandel. Anita vertel haar lewensverhaal – wat ‘n aborsie, alkoholisme en erge trauma insluit – in haar boek, SKADUMEISIE – ‘N VERHAAL VAN OORLEWING EN GENADE. Dis Vrouemaand, en geslagsgeweld is in die kollig. Sy het land en sand met Pieter Steyn gesels.

Land en sand: Amore Bekker

Land en sand: Amore Bekker

Kategorie: Land en Sand2026-08-18

Sy het vir 33 jaar lank uitgesaai – die laaste 20 jaar op RSG, waar sy besonders gewild was onder die luisteraars. Die afgelope drie jaar is Amore Bekker steeds besig met haar reis na binne. Amore het land en sand in haar huis in Johannesburg met Pieter Steyn gesels oor kruispaaie, verganklikheid en verlies, hoe sy skaapmis van vagte wol in Nieu-Seeland moes aftrek, haar “Griekse tragedie” en hoekom die binneland van haar menswees, voortdurend ondersoek en ontdek moet word.

Land en sand: Anneliese Burgess

Land en sand: Anneliese Burgess

Kategorie: Land en Sand2026-08-11

Elke Sondag lees duisende mense Anneliese Burgess se roerende, rou, eerlike en interessante nuusbriewe, wat sy as redakteur van die aanlynpublikasie, BinneLand, skryf. Sy is ‘n veteraanjoernalis wat in ‘n stadium ook by RSG gewerk het. Sy het land en sand met Pieter Steyn gesels oor haar jongste boek oor Roelf Meyer, haar herinneringe van die onteiening van haar ouers se plaas, toe sy die familiewoordvoerder was tydens die Oscar Pistorius-verhoor, en die voortslepende Afrikanerdebat.