Land en sand: Brigadier-generaal Peter Sereko
Van die Grensoorlog in Angola tot vredesoperasies in die Demokratiese Republiek die Kongo. Brigadier-generaal Peter Sereko was langer as 40 jaar ‘n soldaat – eers in die Suid-Afrikaanse Weermag, en ná 1994 in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Sy boek, COMMAND: A SOLDIER’S JOURNEY IN THE AFRICAN BATTLESPACE, het pas verskyn. Hy het land en sand met Pieter Steyn gesels oor sy grootwordjare op Kimberley, sy opleiding by 21-Bataljon en sy mening oor die veldslag by Cuito Cuanavale.
