Land en Sand: Tobie Cronjé
Hy is onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy lewenswerk vereer. Boonop het sy biografie pas verskyn. Hy spot met sy lang, maer lyf en sy lang kakebeen. Tobie Cronjé is volksbesit. Tobie het land en sand met Pieter Steyn in sy huis in Johannesburg gesels oor sy grootwordjare, die keer toe hy soos ‘n geisja aangetrek het, sy probeerslag om rugby te speel, en sy vriendskap met Katinka Heyns.
