Skip to content

Die Reine Wynheid

Potgooi

Die Reine Wynheid

Martelize Brink verken die ryk grond van Suid-Afrika wynerfenis. Die legendes, nuwe wynkunstenaars, sommerliers, wingerdboukundiges, bemarkers en passievolle sjefs kuier in die ateljee. Van 1659, die Groot Constantia-erfenis, die KWV tot die “Mavericks van Malmesbury” en die klein wynprodusente van die wynstreke kom aan die beurt. Luister na "my wyn van die week" en soms vreemde wynfeite van regoor die wêreld. Elke episode word afgesluit met vyf vrae aan die gaste. Wie is hulle wynmaker “crush”? Indien hulle ‘n wyn was, watter wyn sou hulle persoonlikheid die beste verteenwoordig?

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid – Nico van der Merwe; Zwartwater

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Nico van der Merwe; Zwartwater

Kategorie: Die Reine Wynheid2026-09-23

S2E20: Nico van der Merwe en vrou, Petra, gesels oor hulle besluit in die jare 90 om hulle eie handelsmerk, Nico van der Merwe Wyne, te begin. Tim Atkin se 2026 Rising Star of the Year, Stefan Johannes van Zwartwater Wyne verduidelik hoekom hy sy studies in musiek verruil het vir wynmaak op die geskiedkundige Lammershoek op Paardeberg in die Swartland. Prof. Erwin Schwella groet ons vanuit Meersburg in Duitsland om te vertel wat sy gunstelingwyn en -koservaring is.

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid – Amperbo en Stellenbosch Reserve

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Amperbo en Stellenbosch Reserve

Kategorie: Die Reine Wynheid2026-09-16

S2E19: Amperbo se boere is al lank in die bedryf, en is sedert Covid nuwe wynmakers. Pieter en Michelle Smit het hulle eie handelsmerk begin nadat hulle vir jare druiwe aan wynplase verkoop het. Tydens die Decanter World Wine Awards van 2026 is Ignus Ferreira, die jong wynmaker van Stellenbosch Reserve, se Hangbrug Chenin Blanc 2025 bekroon met 97 punte as ook Best in Show – die enigste Suid-Afrikaanse wyn wat dit ontvang. Joernalis Hanlie Retief vertel van Die Reine Wynheid-episode met Paul Siguqa wat haar uitstaan wynoomblik geïnspireer het.

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid – Vergenoegd Löw

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Vergenoegd Löw

Kategorie: Die Reine Wynheid2026-09-09

S2E18: Die verhaal begin in 1696. Met die harde werk en passie van die span by Vergenoegd Löw onder leiding van besturende direkteur Corius Visser, wynmaker Vusi Da li Cuba en uitvoerende sjef Michelle Theron bou hulle op die honderde jare se sukses. Ons hoor meer van die geskiedenis van die plaas, die wyn, die kos, die eende, die belang van regeneratiewe praktyke, en geskiedkundige strukture soos die herehuis wat in 1773 gebou is.

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid – Boplaas en gelukkige foute

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Boplaas en gelukkige foute

Kategorie: Die Reine Wynheid2026-09-02

S2E17: Boplaas het Suid-Afrikaanse wyn- en spiritualieëgeskiedenis gemaak as die eerste produsent wat kampioenstatus vir Kaapse port, brandewyn en whisky binne ‘n 12-maande-tydperk verower het. Dit maak hulle drievoudige kroonwenners. Carel Nel, Kaapse Wynmeester en eienaar van Boplaas Familiewingerde, en seun Daniel Nel vertel van gelukkige foute en ‘n diep famliegeskiedenis wat gelei het tot ikoniese produkte . André Schwartz vertel van ’n Suid-Afrikaanse stoep en soesjie in Japan as ‘n tiener.

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid – Muratiewyn en murasies

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Muratiewyn en murasies

Kategorie: Die Reine Wynheid2026-08-26

S2E16: Dr. Rijk Melck van Muratie-wynlandgoed vertel van sy familiegeskiedenis so ver terug as die Duitse soldaat, Martin Melck, wat in Junie 1746 in die destydse Simonsbaai aangeland het; Ansela van de Caap en Lourens Campher se liefdesverhaal; en sy pa Ronnie en die spinnerakke wat tot vandag toe ‘n ou almanak bewaar. Sjef Mynhardt Joubert vertel van sy gunsteling kos-en-wynervaring.

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid – ‘n Fees van Amfora

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - 'n Fees van Amfora

Kategorie: Die Reine Wynheid2026-08-19

S2E15: Suid-Afrika se eerste Amfora Wynfees vind einde Augustus plaas. Louis Strydom van Ernie Els Wyne, Hannes Nel van Lourensford en Tim Hoek van Haute Cabrière verduidelik hoekom hulle van hulle wyne in amfora verouder. Pedro Ribeiro van Portugal en Federico Manetti, wie se familie in Italië sedert die 1800’s met klei werk, vertel ook van die gebruik van kleipotte. Danie Niehaus gesels saam oor sy gunstelingwyn langs sy gunstelingdam buite Robertson.