Skip to content

WEN ‘N BBP-ERVARING BY KERSFEES SKOUSPEL 2025

Kompetisie

WEN ‘N BBP-ERVARING BY KERSFEES SKOUSPEL 2025

Lefra Produksies se jaarlikse Kersfees Skouspel word op Dinsdag 16 Desember 2025 om 15:00 by die SunBet Arena, Time Square, Pretoria aangebied. Kersfees Skouspel spog vanjaar met die room van Suid-Afrikaanse sangers, en teatergangers sal ‘n fees van talent sien en hoor.  Besprekings kan op die volgende skakel gedoen word: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1580206317 of skakel 011-815-3000 of besoek https://kersfeesskouspel.com/

Een luisteraar kan ’n wonderlike BBP-ervaring wen!  Al wat jy hoef te doen, is om die volgende aan 45889 te SMS:  Kersfees, jou naam, van, e-pos en stad/dorp. Hierdie lekker prys is vir een paartjie (2 persone) en bestaan uit die volgende:

  • BBP-kaartjies om Kersfees Skouspel op 16 Desember te sien
  • Aandete by Time Square
  • Verblyf in die Time Square Hotel
  • Uitnodiging na die mediafunksie om die kunstenaars te ontmoet
  • Ontbyt en speelbewyse

SMS’e kos R1,50 elk, en daar is geen beperking op die hoeveelheid SMS’e wat jy mag stuur nie.  Die beslissing van die organiseerders is finaal. Bepalings en voorwaardes geld.

07/ 12 / 2025
-
12 / 12 / 2025

Voriges

#Gesluit
Sluitingsdatum:
08/05/2026

Verbeel jou jy ry weg met ’n Toyota Vitz, of jy is R200 000 ryker! Die wenner van vanjaar se donasieprojek sal kan kies tussen R200 000 en ’n motor van dieselfde waarde.

Sluitingsdatum:
30/06/2026

RSG en die ATKV vier vanjaar met trots die dertigste radiodramaskryfkompetisie. En om hierdie mylpaal te gedenk, gaan daar in die 2026-kompetisie meer prysgeld én wenners wees.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
03/04/2026

In die Wen! Wen! Wen! Met Virseker-kompetisie bied ons jou drie maniere om te wen, drie redes om in te skryf en drie keer die opwinding! Jy kan tot soveel as R6 000 wen én jy gaan in die gelukkigetrekking vir ‘n Mazda CX-30, ter waarde R579 400!

#Gesluit
Sluitingsdatum:
27/02/2026

Jy kan jou deel van R100 000 en LIV Gholftoernooi-kaartjies wen.