Skip to content

Frik se groen tamatieblatjang

RESEPTE

Frik se groen tamatieblatjang

Frik de Jager

.

Bestanddele

1 kg groen tamaties (ligrooi en styf)
5  koppies kookwater
3 medium uie, fyngekap
½ teelepel rooipeper
2 koppies sultanas
1 teelepel fyn droë koljander
6 fyngekapte knoffeltoontjies
¼ teelepel neutmuskaat
2 koppies suiker
1 teelepel All Spice
¼ teelepel fyn naeltjies
750 ml witasyn

Metode

Giet kookwater oor die tamaties, en week dit vir 5 minute.
Trek die skille af.
Sny die tamaties in skywe, en plaas terug in die water.
Voeg 2 tot 3 teelepels sout by, en week oornag.
Dreineer die volgende oggend, maar hou 1 koppie water.
Plaas dit in ‘n kastrol saam met die res van die bestanddele.
Meng goed, kook oor ‘n lae hitte tot ‘n dik pap gevorm het.
Plaas dit in gesteriliseerde bottels terwyl warm.
Wenk: Roer die mengsel deurentyd stadig om te verhoed dat dit aanbrand. Gebruik dit as ’n pastasous, of om bredies of maalvleis te geur.

Deel nou

Deel nou