RESEPTE
Willie se tagine-hoender
.
Bestanddele
8 hoenderstukke
4 aartappels, in kwarte gesny
2 uie, gekap
5 knoffeltoontjies, gekap
5 ml gemmerpoeier
5 ml borrie
5 ml fyn komyn
5 ml gemengde speserye
5 ml gerookte paprika
15 ml gedroogde pietersielie
1 suurlemoen, in dun skywe gesny
2 pruime, in skyfies gesny
sout en peper na smaak
1 blokkie hoenderaftreksel
2 koppies water
Metode
Plaas die hoenderstukke, uie, knoffel en aartappelwiggies in ‘n tagine.
Plaas die suurlemoene en pruime bo-op.
Meng die gemmer, borrie, komyn, gemengde speserye, gedroogde pietersielie en gerookte paprika, en voeg dit oor die hoender.
Meng goed.
Voeg die water en hoenderaftreksel by die pot.
Bak in die oond vir ongeveer 2 ure tot al die geure goed met mekaar gemeng het.
Kyk na ‘n uur of jy nodig het om vloeistof by te voeg.
Bedien met koeskoes.