Skip to content

Wen ’n BBP-ervaring by Tollie Parton

Kompetisie

Wen ’n BBP-ervaring by Tollie Parton

Een paartjie kan ‘n wonderlike BBP-prys wen om Tollie Parton by Emperors se Theatre of Marcellus in Johannesburg te gaan sien op 22 Februarie 2026. Die prys bestaan uit:

  • Twee BBP-Tollie Parton-kaartjies vir die konsert op 22 Februarie 2026.
  • Verblyf vir twee persone in die vyfster Peermont D’oreale Grande Hotel  by Emperors Palace op Sondag 22 Februarie met ‘n heerlike Van Loveren-mimosa in jou kamer.
  • Julle word verder bederf met middagete voor die vertoning, en aandete ná die vertoning by Emperors Palace se wonderlike restaurante.
  • BBP-uitnodiging om vir Tollie Parton na afloop van die konsert te ontmoet.
  • Ontbyt op Maandagoggend 23 Februarie 2026.

SMS die volgende inligting aan 45889: Tollie, jou naam, van, e-pos en stad/dorp. Elke SMS kos R1.50. Die sluitingsdatum is Vrydag 20 Februarie 2026 om 16:00. Die wenner sal op Brêkfis met Derrich op 21 Februarie 2026 bekendgemaak word. Bepalings en voorwaardes geld.

14/ 02 / 2026
-
21 / 02 / 2026

Voriges

#Gesluit
Sluitingsdatum:
08/05/2026

Verbeel jou jy ry weg met ’n Toyota Vitz, of jy is R200 000 ryker! Die wenner van vanjaar se donasieprojek sal kan kies tussen R200 000 en ’n motor van dieselfde waarde.

Sluitingsdatum:
30/06/2026

RSG en die ATKV vier vanjaar met trots die dertigste radiodramaskryfkompetisie. En om hierdie mylpaal te gedenk, gaan daar in die 2026-kompetisie meer prysgeld én wenners wees.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
03/04/2026

In die Wen! Wen! Wen! Met Virseker-kompetisie bied ons jou drie maniere om te wen, drie redes om in te skryf en drie keer die opwinding! Jy kan tot soveel as R6 000 wen én jy gaan in die gelukkigetrekking vir ‘n Mazda CX-30, ter waarde R579 400!

#Gesluit
Sluitingsdatum:
27/02/2026

Jy kan jou deel van R100 000 en LIV Gholftoernooi-kaartjies wen.