Skip to content

Surita se kaas-en-kruie-skons

RESEPTE

Surita se kaas-en-kruie-skons

Surita Riffel

.

Bestanddele

3 koppies bruismeel
1 teelepel (5 ml) bakpoeier
1 knippe (2,5 ml) sout
1 koppie fyn gerasperde Cheddarkaas
5 ml gedroogde pietersielie
5 ml gemengde kruie
5 ml rooipeper of gerookte paprika
60 g botter of margarien
1 eier
1 koppie volroom Amasi, of gewone melk
5 ml suiker

Metode

Meng die meel en sout, en vryf die botter in tot dit die voorkoms het van broodkrummels.
Voeg die kruie en kaas by, en roer deur met ‘n vurk.
Klits die Amasi (of melk) en eier, en voeg dit by die meelmengsel.
Roer met ʼn lepel sodat alles goed gemeng is.
Keer die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak, vorm in ‘n sirkel en druk dit effens plat. Die ideale hoogte van die deeg moet ongeveer 3 - 4 cm wees. Moenie die deeg te veel hanteer nie, want dit mag ʼn taai word.
Neem nou ʼn koekiedrukker of glas, en druk sirkels uit die deeg.
Bestryk met geklitste eier, en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak teen 170⁰ C in ‘n voorverhitte oond vir ongeveer 20 minute tot goudbruin en gaar.
Bedien met ‘n soutvulsel van jou keuse, soos tuna-en-mayonnaise, hoender-en-mayonnaise, ham en kaas. Vir soet skons, laat die kaas, kruie en rooipeper/paprika weg, en voeg 1 hoogvol eetlepel suiker by, asook 5 ml vanieljegeursel.

Deel nou

Deel nou