Skip to content

Tannie Ans se patats

RESEPTE

Tannie Ans se patats

Stephan van der Walt

Bestanddele

2 - 4 patats (hang af van bakgrootte en hoeveelheid mense)
halwe pakkie gemmerkoekies
botter
250 ml room

Metode

Sny die patats in skywe, en pak dit in ’n oondbak.
Druk die gemmerkoekies fyn, en strooi ’n laag oor die patats.
⁠Herhaal hierdie twee stappe tot die bak vol is tot bo.
⁠Plaas ’n ¼ teelepel botter hier en daar in die bak soos jy goed dink.
⁠Voeg die room oor die mengsel to bo.
⁠Bak teen 180 grade vir sowat ’n uur, of tot die patats gaar is.
⁠Skep en geniet.

Deel nou

Deel nou