Skip to content

Luister weer: Dokumentêr oor Roger Sedres

RSG NOU

Luister weer: Dokumentêr oor Roger Sedres

2026-02-21

9 Februarie: Wêreldklas-sportfotograaf sonder aansit: die storie van Roger Sedres
Die veelbekroonde Roger Sedres se foto’s is wêreldbekend. Haidee Muller-Isaacs gaan kuier op Donderdag 19 Februarie by dié fotograaf van Gordonsbaai wat magiese momente deur sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk vasgevang het. Talle van die bekende Springbokrugbyspelers is reeds op skool deur Sedres op film verewig, lank voordat hulle roem verwerf het.

https://omny.fm/shows/rsg-dokument-r/roger-sedres-w-reldklas-sportfotograaf-sonder-aansit-deur-haidee-muller-isaacs

Een van die ikoniese foto’s wat Roger Sedres geneem het.
TOKYO, JAPAN – JULY 30: Tatjana Schoenmaker of South Africa on the winners podium after she won the women’s 200m breaststroke final in a new world record, receives her gold medal during the Swimming event on Day 7 of the Tokyo 2020 Olympic Games at the Tokyo Aquatics Centre on July 30, 2021 Tokyo, Japan. (Photo by Roger Sedres/Gallo Images)

Met verskeie Olimpiese Spele en  ander internasionale sportbyeenkomste agter die blad, het Roger baie belangrike oomblikke in Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis vasgevang. Hy is tans Team SA se amptelike sportfotograaf.

Roger het ikoniese foto’s geneem van Suid-Afrikaanse sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk by die Olimpiese Spele en ander groot sportbyeenkomste. In 2025 het hy die Sport Visual Journalist of the Year-toekenning by die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings gewen en hy het in 2022 ook die Fotograaf van die Jaar-toekenning ontvang.

Roger word wyd beskryf as nederig, passievol en professioneel, en is toegewyd om ander se stories met respek en empatie te vertel. Hy het ‘n opregte liefde vir wat hy doen en sy foto’s gaan nie oor sensasie nie, maar oor die oomblik en die mense daaragter.

Hierdie dokumentêr gee ‘n nader kykie oor Sedres se loopbaan, sy benadering tot sportfotografie en die rol wat sy unieke foto’s speel in hoe sport gesien en onthou word.

Roger saam met Met Brandon Du Plessis en Pieter Lourens (afrigter en bestuurder) van Team South Africa in die Athletes Village in Rio de Janeiro 2016
Tokio 2020 swem SPELE
ROGER IN 2025 SPORTTOEKENNINGS
Roger at Roland Garros

Deel nou