5 Maart
Vryloop is toe glad nie vry is ‘n diepte-ondersoek deur Martelize Brink waarin sy kyk na wat “vryloop” en “organies” werklik beteken, aangesien produkte dikwels nie die hoë standaarde haal wat die etikette impliseer nie.
Jy koop vryloop oftewel free range produkte, want jy wil die gesondste moontlike produk eet en of jy gee om vir die lewenskwaliteit van die dier en hul welsyn. Maar, weet jy wat daardie etiket op die produk waarlik aandui? Beteken vryloop altyd gelukkige diere wat vrylik beweeg? En indien dit wel die geval is, is die diere waarlik gesonder, is dit gesonder vir jou as verbruiker en hoe pas die boerderypraktyke in by volhoubare voedselverskaffing?

Kenners, wetenskaplikes, regeringsamptenare en boere soos Farmer Angus word geraadpleeg om te verduidelik hoe hierdie terme gereguleer word, hoekom dit duurder is en of dit gesonder is.

