Hoe pas geloof in by kennis?
Dr. Moira Bladergroen is ’n onderwysspesialis by die Universiteit van Wes-Kaapland. Haar navorsing het gefokus op hoe mense leer, hoe dosente studente kan begelei, en hoe kennis nie net die verstand nie, maar ook die mens vorm. Sy vertel hoe geloof hierby inpas.
