Skip to content

POTGOOISNITTE

Nuwe lughawe vir Kaapse wynlande vorder fluks

Nuwe lughawe vir Kaapse wynlande vorder fluks

Kategorie: Op en Wakker2026-03-24

Byna ‘n jaar gelede is daar aangekondig dat ‘n nuwe lughawe vir die Kaapse wynlande beplan word – ‘n reuse belegging van meer as R8 miljard. Met Kaapstad en die Kaapse wynlande wat uiters gewilde sake- en toerismebestemmings is, word verwag dat die Cape Winelands Airport, die reeds florerende ekonomie van dié streek ‘n verdere reuse hupstoot sal gee. Ons praat met die bestuurshoof van die nuwe lughawe, Deon Cloete.