Menopouse 24 Maart 2026
Prof. Tobie de Villiers is ‘n ginekoloog met ‘n spesiale belangstelling in menopousale medisyne, osteoporose en ginekologiese endokrinologie. Hy beantwoord luisteraarsvrae oor menopouse: Ek is op estrogeen-room en progestroon pille. Na ‘n aanvanklike verbetering kry ek nou weer gloede, alhoewel baie beter. Mag ek die dosering van estrogeen verhoog? Hoekom word die estrogeen as room en die progesteroon as pille gegee? ||| Ek is 53 en vroeg menopausaal met erge simptome. My dokter het hormoonterapie voorgeskryf. Ek voel beter, maar het gewig aangesit. Hoe nou gemaak? ||| Ek lei aan polisisties ovariële siekte, en menstrueer baie ongereeld. My dokter stel die orale geboortebeperkingspil pil voor. Is dit reg so? ||| Ons het die BRCA-geenmutasie in die familie. Mag ons MHT oorweeg?
