Hoor wat doen Neelsie van ORKNEY SNORK NIE! vandag
Wie sal ooit klein Neelsie van ORKNEY SNORK NIE! se: “Ons gaan see toe!” vergeet? Dit was een van die gewildste komediereekse op televisie destyds, en het ook tot twee flieks gelei. Neelsie en Riekie was twee pleegkinders in die reeks, wat deur Willie Esterhuyse geskep is. Deesdae is Neelsie, gespeel deur Eugene Martin, weer op die kassie in ‘n skreeusnaakse advertensie van LekkeSlaap. Natuurlik is Orkney se Ouboet, Frank Opperman, ook in die advertensie.
