Filosofieboek volg op Op en Wakker-reeks
Jy hoor hom gereeld as kommentator op RSG, en sy filosofie-reeks in Op en Wakker was so gewild, dat die reeks verwerk is en as ‘n boek – ‘n dik boek – uitgegee is. Proferssor Pieter Duvenage se jongste boek, BEWEGENDE DENKE, is onlangs bekend gestel. Dit begin by Aristoteles se begrippe van bewegende filosofie en praktiese wysheid, maar sluit ook denkers soos Hegel, Heidegger, Arendt en Gadamer in.
