Skip to content

POTGOOISNITTE

‘Mbalula moet tjoekie toe, Amerika moet sanksies instel’

'Mbalula moet tjoekie toe, Amerika moet sanksies instel'

Kategorie: Op en Wakker2026-03-26

AfriForum se private vervolgingseenheid wil sien dat die Nasionale Vervolgingsgesag die ANC se sekretaris-generaal en voormalige Minister van Sport, Fikile Mbalula, vervolg, andersins sal die eenheid, onder leiding van advokaat Gerrie Nel, Mbalula privaat vervolg. Voorts het die bestuurshoof van AfriForum, Kallie Kriel, gesê die organisasie sal hom beywer dat Amerika sanksies teen Mbalula instel. In sy reaksie hierop, het Mbalula die afgelope twee dae skerp te velde getrek teen AfriForum en gesê hulle is besig met ‘n heksejag teen hom. Hy het die beskuldigings van korrupsie verwerp. Ons praat hieroor met Kallie Kriel.