RSG groet Nic de Jager vir eers
Nic de Jager is waarskynlik die uitsaaier in Suid-Afrika met die langste aktiewe loopbaan, wat oor dekades strek. Kobus Burger, RSG se programbestuurder, beskryf Nic as enig in sy soort – die soort uitsaaier waarvan daar min oor is. Hy kan oor enige ding onder die son op lug praat – van wêreldgebeure tot epiese gedigte en musiek. Die afgelope 13 jaar was Nic agter die mikrofoon vir die uiters gewilde NIC SE GOED waarvan die slotuitsending op 29 Maart 2026 is.
