Kiskenades - Episode 207
Spekkies Vark en Poppelief Pop skilder te heerlik saam. Poppelief is besig om ’n stillewe te verf, maar dan begin die verwery te ontaard, en begin hulle om mekaar te verf. Gelukkig is Katryn Kraai en Daisy Dinosourus daar om hulle te wys dat dit dalk nie ’n goeie idee is nie.
