Kiskenades - Episode 231
Die speelgoed van die speelgoedkis hou vir Spekkies Vark ’n verjaardagpartytjie. Maar, o wee, Spekkies weet nie hoe om hom te gedra teenoor die speelgoed wat na sy partytjie toe kom nie.
Kiskenades, geskep en geskryf deur Thomas van Niekerk, handel oor die sewejarige Jerome wat 'n kis vol speelgoed ontdek. Hierdie interessante skatkis neem hom onder andere na die wêreld van dinosourusse en hy ontmoet 'n kraai en donkie wat kan praat! Sy verbeelding kry vrye teuels, en tussendeur leer hy hoe om tel en te spel.
Die speelgoed van die speelgoedkis hou vir Spekkies Vark ’n verjaardagpartytjie. Maar, o wee, Spekkies weet nie hoe om hom te gedra teenoor die speelgoed wat na sy partytjie toe kom nie.
Die speelgoed van die speelgoedkis speel met ’n leë boksie. As die boksie leeg is, kan hulle dit rondstoot, maar as dit vol is, kry hulle dit nie reg nie. Hulle kan dit nie verstaan nie.
Alicia se boetie, Dirkie, is siek en moet dokter toe gaan. Die speelgoed van die speelgoedkis gaan saam, en in die spreekkamer ontmoet hulle ’n baie interessante speeldingetjie wat daar bly.
Tandjies Muis en Katryn Kraai kuier in die wolke. Daar ontmoet hulle die wolkprinses en al die druppeltjies wat daar woon. Hulle leer alles oor wolke en reën.
Spekkies Vark ontmoet vir Lolla Lappop. Saam besluit die twee dat Lolla vir Spekkies kan kom kuier, sonder om toestemming te vra vir hulle mensemaatjies of die ander speelgoed. Dit was beslis nie ’n goeie plan nie.
Die speelgoed van die speelgoedkis speel ’n speletjie. Spekkies Vark word kwaad. en hy besluit om weg te loop…