Boek vier 101 uitsonderlike Suid-Afrikaanse vroue
Die voormalige departementshoof van joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, professor Lizette Rabe, se jongste boek, 101 REMARKABLE SOUTH AFRICAN WOMEN:- FROM PREHISTORY TO PRESENT, het pas verskyn/ Dit vereer uitsonderlike Suid-Afrikaanse vroue. Die 101 vroue strek van Krotoa tot Antjie Krog, Miriam Makeba, Olive Schreiner, Caster Semenya, Tatjana Schoenmaker en die internasionale sangsensasie, Tyla.
