Brandpunt 1 April 2026
Die Weermag ontplooi in Tafelsig in Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte. Die ad hoc-komitee wat bewerings van korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, kry nog ‘n verlenging van die spertyd vir sy verslag. Die Departement van Basiese Onderwys publiseer regulasies oor die bestuur van leerlingswangerskappe, vir openbare kommentaar.
