Skip to content

Luister weer na “Gebakte pere”

RSG NOU

Luister weer na "Gebakte pere"

2026-04-10

RSG se eerste radioteaterseisoen van 2026 is ‘n fees van eietydse en klassieke werk en sluit in ‘n sonderlinge radioverwerking van sir Peter Shaffer se veelbekroonde Amadeus met André Rossouw en Marthinus Basson in die hoofrolle.

Luisteraars word egter vanuit die staanspoor bederf met die wendramas van 2025 se RSG en ATKV radiodramaskryfkompetisie.

9 April: Gebakte pere deur Karin du Toit
Dis die gesamentlike tweede plek wenner in die 2025 radiodramaskryfkompetisie.

Marnus se eerste dag op universiteit kon nie met ’n groter skok begin het nie. Emma daag ná maande se stilswye skielik by die woonstelblok, waarin hy sal tuisgaan, op met die nuus dat hy die pa van ’n kind is.

Sy laat die baba in die drie woonstelmaats se sorg, en sê sy het die fopspeen in haar motor vergeet. Sy kies die hasepad. Vyf dae lank het die drie probeer huishou met klein Peertjie, en uiteindelik bel Adriaan sy tante Magda om te vertel van Marnus se gebakte pere.

Magda kom haal die kind, en vier jaar later by die gradeplegtigheid, is dit duidelik dat Marnus en Emma versoen is, en met Magda se hulp, die trotse ouers van die vierjarige Nathan is.

Karen du Toit is as gesamentlike naaswenner aangewys in RSG se 2025 Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV.

Die regisseur is Lelia Etsebeth, met Christopher van der Westhuizen, Dihan Keun, JJ Roberts, Izel Bezuidenhoud, Marina Coetzee en Gretha Brazelle in die rolverdeling.

Luister hoe Dihan Keun, Christopher van der Westhuizen, JJ Roberts, Izel Bezuidenhout, Marina Coetzee en Gretha Brazelle die storie vertel met regie deur Lelia Etsebeth.


Deel nou