Botoks en pasaangëers is nie net vir die gesig of hart nie! Hierdie behandelings word ingespan om ‘n ooraktiewe blaas te behandel sodat jou blaaslek onder Beheer gebring kan word. En vir stress-inkontinensie waar jy voel jy kan nie goed knyp nie, is daar ook behandeling.
Marí Hudson gesels in deel 1 van ‘n kort reeks oor blaasprobleme met prof Stephen Jefferey van Kaapstad. Luister volgende Woensdag om 11:30 na Gesondheid op RSG na deel 2.
HET JY GEWEET?
Baie vroue sukkel met of ‘n ooraktiewe blaas of stress inkontinensie.‘n Bevalling kan ‘n vrou se risiko om blaaslek te ontwikkel, verhoog. Die nuwer metodes om blaaslek volgens die oorsaak daarvan te behandel, kan in meer as 90% van gevalle baie suksesvol wees.
JY MOET NA MY / HIERDIE PROGRAM LUISTER WANT…
Daar is hulp vir blaaslek. Dié probleem hoef nie jou wêreld en aktiwiteite in te perk nie.
Twee vorms van blaaslek
1. Ooraktiewe blaas of Dringendheid blaaslek
Die blaasspier trek skielik saam, en jy ervaar skielik ‘n dringendheid om te urineer, maar is dikwels te laat.

Wat behels die behandeling?
Begin met medikasie by jou GP. Botoks inspuitings help baie vroue, en ‘n pasaangeër om die blaasspier minder aktief te maak deur sakrale senuwee stimulasie, werk ook baie goed.

2. Stress inkontinensie
In die geval van stress inkontinensie is dit die “knyp” spiere wat nie so goed werk as daar drukking op die blaas is nie.

Behandeling sluit in Kegel oefeninge vir die pelviese vloer, wat kan help. ‘n Klein prosedure waar ‘n nuwe veilige mesh gebruik word, lewer die beste resultate.
Hier is enkele video’s vir Kegel oefeninge:
