Skip to content

POTGOOISNITTE

Skrywers en boeke 22 April 2026

Skrywers en boeke 22 April 2026

Kategorie: Skrywers en Boeke2026-04-22

Ilse Salzwedel gesels met die joernalis en skrywer, Julian Jansen, wie se jongste boek, OP DIE SPOOR VAN DIE STASIEMOORDENAAR, onlangs verskyn het. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die Hans Christian Anderson-kinderboekprys asook die Hans Christian Anderson-letterkundeprys, en die wenners van die gesogte Windham-Campbell-letterkundepryse. Jy kan ook meer uitvind oor Wêreldboekedag wat op 23 April gevier word. Vind meer uit oor die Tafelbaai-leeskring se virtuele leeskring-byeenkoms oor twee kontinente, wat verlede week plaasgevind het. Daar is ook nuus oor die Jeffreysbaai Kunskoors-boekprogram, wat van 1 tot 3 Mei plaasvind.