Skip to content

Skrywers en Boeke

Potgooi

Skrywers en Boeke

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Skrywers en boeke: Daniëlla van Heerden; Jeanne Goosen

Skrywers en boeke: Daniëlla van Heerden; Jeanne Goosen

Kategorie: Skrywers en Boeke2026-07-15

15 Julie 2026: Ilse Salzwedel gesels met Daniëlla van Heerden oor haar bundel onderhoude met ma’s, DIE HART VAN ‘N MA. Johan Myburg bring hulde aan die Iranese vroueskrywer, Shahrnush Parsipur, en vertel meer oor Tom Stoppard se nalatenskap. Hy het ook nuus oor ‘n hele klomp nuwe boeke deur bekende internasionale skrywers waarna jy in die res van die jaar kan uitsien. Jy kan ook luister na ‘n 1995-onderhoud met wyle Jeanne Goosen. Sy is vandeesweek 88 jaar gelede gebore.

Skrywers en boeke: Theolla Langenhoven; Annemarie van Niekerk

Skrywers en boeke: Theolla Langenhoven; Annemarie van Niekerk

Kategorie: Skrywers en Boeke2026-07-08

8 Julie 2026: Suzette Myburg gesels met Theolla Langenhoven oor haar treffende debuutroman, SOET ROOS VAN SARON. Annemarie van Niekerk vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar debuutroman, DIE OORKANT, en haar bekroonde memoir, ONDER ‘N BLOEDROOI HEMEL. In Johan Myburg se wêreldbydraes kan jy meer uitvind oor die nuwe borgskap vir die International Bookerpryse, die omstrede wenverhaal van die Commonwealth se kortverhaalkompetisie, en Agatha Christie wat in ‘n seldsame opname oor haar werk gesels.

Skrywers en boeke: Zelda Bezuidenhout & Naomi Morgan

Skrywers en boeke: Zelda Bezuidenhout & Naomi Morgan

Kategorie: Skrywers en Boeke2026-07-01

1 Julie 2026: Ilse Salzwedel vra Zelda Bezuidenhout uit oor haar roman, MEI EN ALLES DAARNA, en haar jeugroman, DIE TUSSENINNERS, waarmee sy ‘n tweede plek losgeskryf het in LAPA se jeugromankompetisie. Die Franse kenner, prof. Naomi Morgan, gesels oor die immergewilde verhaal van DIE KLEIN PRINSIE, wat vanjaar 80 jaar gelede gepubliseer is. Sy vertel ook meer oor die spesiale produksie waarmee die Prinsie by vanjaar se Vrystaat Kunstefees herdenk sal word. Johan Myburg het interessante nuus oor Joyce Carol Oates en Ann Pratchet. Hy vertel ook van die polemiek waarvoor KI onlangs gesorg het in Commonwealth se kortverhaalwedstryd. Fanie Viljoen vertel ook meer oor DIE SEUN MET DIE SWAELTJIE, wat onlangs as wenner van LAPA se jeugromankompetisie aangewys is. Dié kompetisie vind weer vanjaar plaas.

Skrywers en boeke: Irma Joubert & Alwyn Roux

Skrywers en boeke: Irma Joubert & Alwyn Roux

Kategorie: Skrywers en Boeke2026-06-24

24 Junie 2026: Alwyn Roux, die medewenner van vanjaar se Eugene Maraisprys, gesels oor sy digbundel, WEERSKYN, en vertel ook meer oor MERANG, waarvan hy medesamesteller was. Irma Joubert vertel van die storie agter die storie in haar jongste roman, REBEKKA VAN KAMEELDOORNPLAAS. Johan Myburg stel ons voor aan die wenners van die Women’s Prize se fiksie en nie-fiksieprys. Hulle is Lyse Doucet vir THE FINEST HOTEL IN KABUL: A PEOPLE’S HISTORY OF AFGHANISTAN (nie-fiksie) en Virginia Evans met THE CORRESPONDENT (fiksiewenner). Johan het ook nuus oor Kazuo Ishiguro se nuwe roman, MISS LAMBERT STEPS ABOARD DANGER. Aanhangers van Cormac McCarthy sal bly wees om te hoor van Tracy Daugherty se nuwe biografie oor hom.

Skrywers en boeke: Portchie oor sy outobiografie, VAN TWEELING TOT TRAFALGAR SQUARE

Skrywers en boeke: Portchie oor sy outobiografie, VAN TWEELING TOT TRAFALGAR SQUARE

Kategorie: Skrywers en Boeke2026-06-17

17 Junie 2026: Francois Bekker gesels oor drie nie-fiksie boeke wat hy kan aanbeveel – VALSKERMBATALJONVERHALE, saamgestel deur Mike Bolhuis, PARLEMENTPRAATJIES deur Pieter Mulder en MY LIFE deur Bill Clinton. Johan Myburg vertel meer oor die Booker-stigting se nuwe kortverhaalbundel, ALL AROUND THE WORLD, saamgestel deur Rodney Doyle, Sarah Wynn-Williams se onthullende boek, CARELESS PEOPLE, oor haar jare by Facebook, en Spaanse eer vir die 80-jarige Julian Barnes, skrywer van DEPARTURES. Jy kan ook luister na die heruitsending van ‘n 2024-onderhoud met die gewilde kunstenaar Portchie oor sy outobiografie, VAN TWEELING TOT TRAFALGAR SQUARE.

Skrywers en boeke: Nuwe romans van Rudie van Rensburg, Irna van Zyl & Anton Roodt

Skrywers en boeke: Nuwe romans van Rudie van Rensburg, Irna van Zyl & Anton Roodt

Kategorie: Skrywers en Boeke2026-06-10

9 Junie 2026: Rena Rauch gesels oor haar aangrypende debuutroman, BEAUTY. Francois Bekker gesels oor Irna van Zyl se KANNIEDOOD, Rudie van Rensburg se ENIGMA en Anton Roodt se AAN DIE HEMELTRANS. Johan Myburg sorg vir drie bydraes uit die internasionale letterkunde: die wenners van die James Tait Black-prys, ‘n nuwe boek uit die pen van Ruth Ozeki, en ‘n huldeblyk oor die skrywer en digter Maureen Duffy.