Skrywers en boeke: Sophia Kapp se nuwe reeks oor vier susters
11 November 2026: Sophia Kapp gesels oor haar laaste twee romans: STERRE IS VIR ALTYD (wat onlangs met ‘n ATKVeertjie bekroon is) en GOEDHEID EN GUNS, wat pas verskyn het. Sy gesels ook oor haar besluit om meer betrokke te raak by die uitgee van haar boeke, en die plek van KI in die hedendaagse boekbedryf. Johan Myburg doen verslag oor die wenners van drie belangrike internasionale letterkundepryse: die Franse Prix Concourt, die Spaanse Cervantesprys, en die Pioneerprys vir vroueskrywers. Hy bring ook hulde aan die kinderboek-illustreerder en skrywer, Janosch.