Skip to content

POTGOOISNITTE

Oos-Kaapse plattelandse gesondheidsorg onder druk

Oos-Kaapse plattelandse gesondheidsorg onder druk

Kategorie: Op en Wakker2026-04-23

Gebrekkige tot selfs geen ambulansdienste, lang rye pasiënte weens ernstige personeeltekorte, en ’n voortdurende tekort aan medisyne en basiese toerusting. Dít is die daaglikse werklikheid vir inwoners in die Sarah Baartman-distrik in die Oos-Kaap. Meer as 200 kritieke poste in die distrik is tans vakant, wat dienslewering ernstig kniehalter en ook maatskaplike dienste buite bereik van baie inwoners plaas. Mari Hudson doen verslag.