Wat is waar, en wat is WhatsApp-strooi?
Vir die volgende paar weke maak ons maalvleis van mites, fopnuus en al daardie hardnekkige WhatsApp-boodskappe en sosiale media-plasings wat rondgestuur word – daardie prentjies en stellings wat vinnig versprei, maar selde waar is. Ons kyk na Lesotho en die beweerde nuwe grensreëls waaroor die departement van binnelandse sake hierdie week omtrent moes bontstaan, saam met Gert van der Westhuizen, politieke redakteur van Netwerk24.
