Skip to content

POTGOOISNITTE

Skaars 1961-munte met Verwoerd-verbintenisse op veiling

Skaars 1961-munte met Verwoerd-verbintenisse op veiling

Kategorie: Op en Wakker2026-04-30

’n Eensent-muntstuk van 1961 wat volgens versamelaars byna ’n mitiese status bereik het, sal vroeg in Mei onder die hamer in ’n veiling wat reeds internasionaal aandag trek. Wat die stuk besonders maak, is die direkte verbintenis met die ontstaan van die Republiek van Suid-Afrika en die politieke era van Hendrik Verwoerd. Op dieselfde veiling kom nog ’n buitengewone stuk ook onder die hamer: ’n goue R1-muntstuk wat deur Verwoerd self geslaan is. Ons praat met Landon Coleske, senior numismatiese kenner by die Bassan-veilingshuis.