Ons en die onderwys 3 Mei 2026
Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, bestuurshoof van FEDSAS, oor die jongste onderwyssake wat tans in die nuus is. Die gesprek fokus op belangrike kwessies waarvan ouers, skole en die breër onderwysgemeenskap kennis moet neem, waaronder toelatings vir 2027, openbare kommentaar oor die Geskiedenis-kurrikulum, skoolklere, BELA-regulasies, die koste van skoolsport, en die stand van leierskap in die onderwysstelsel.
